# Rugby: Die Bulle sê hulle is opgewonde oor die voormalige stut, Werner Kruger, wat by hulle aansluit as afrigtingskonsultant. Die 36-jarige oud-Springbok was tot en met sy uittrede uit rugby verlede jaar, een van die mees ervare vaskopstutte. Hy het meer as 100 keer vir die Bulle in Super Rugby en in die Curriebeker uitgedraf, voor hy nog ‘n honderdtal bereik het by die Walliese klub, Scarlets. Direkteur van Rugby, Jake White, sê hy sal onmiddellik met die Bulle se voorry begin werk.