Skip to content

Rugby: Wedloop vir plekke in Curriebeker-halfeindstryde raak strawwer

# Rugby: Die voorlopers op die punteleer, die Blou Bulle, het verskeie spelers vir vanmiddag se Curriebekerwedtryd teen die Griffons op Loftus geroteer. In een van die veranderings begin Canan Moodie op heelagter, met Boeta Chamberlain wat na losskakel verskuif. In die eerste wedstryd vanmiddag kom die spanne wat derde en viede op die punteleer is, die Leeus en die Pumas, in Johannesburg teen mekaar te staan. Die Westelike Provinsie moet hulle tuiswedstryd wen teen die Cheetahs, wat tweede geplaas is, om steeds in tel te bly. En môremiddag verwelkom die Haaie die Griekwas in Durban.