Skip to content

Rugby: Wallabie-senter vir drie wedstryde geskors vir gevaarlike duikslag op Walliese kaptein

# Rugby: Die Wallabie-senter Samu Kerevi se Europese toer is verby nadat hy vir drie wedstryde geskors is vir sy gevaarlike duikslag op die Walliese kaptein, Jac Morgan, tydens die afgelope naweek se toets in Cardiff. Kerevi is in sy 50ste toets vir Australië met ʼn geelkaart afgestuur wat later verander is na rooi. ʼn Onafhanklike tugkomitee het die rooikaart bekragtig en ʼn skorsing van ses wedstryde opgelê wat gehalveer is weens versagtende omstandighede. Die Wallabies speel hierdie naweek teen Skotland en ʼn week later teen Ierland.