# Rugby: Die voormalige senter van Wallis en die Britse en Ierse Leeus, Jonathan Davies, het sy tokse opgehang. Die 36-jarige het sedert 2009 in 96 toetse vir sy land gespeel en 80 punte aangeteken, en die Leeus in 2013 en ’17 in ses toerwedstryde verteenwoordig. Hy het ook in twee skofte altesaam 179 keer vir Scarlets gespeel en 253 punte bygedra. Davies sê hy sal die kameraadskap van sy spanmaats mis, maar dit het tyd geword om die gordyn te laat sak op ʼn loopbaan waarop hy ontsettend trots is.
Rugby: Voormalige Walliese en Leeus-senter hang sy tokse op