Skip to content

Rugby: Tweedehelfte-drieëfees red 14-man Leeus

# Rugby: Die Leeus het die drieë in die tweede helfte ingeryg vir ‘n 44-21-oorwinning oor Glasgow Warriors in hulle Verenigde Rugbykampioenskapwedstryd in Johannesburg. Glasgow, die voorlopers op die punteleer voor die wedstryd, was met rustyd met een punt, 8-7, agter en dit het gelyk asof hulle die beheer sou oorneem toe hulle sewe minute na rustyd die doellyn oorgesteek het om weer voor te loop. Die Leeus het egter dadelik teruggeslaan met vier drieë in nege minute om die wind behoorlik uit Glasgow se seile te neem.