Skip to content

Rugby: Stormers bring drie veranderinge aan vir botsing met Haaie

# Rugby: Die heelagter Warrick Gelant speel môre in sy 50ste wedstryd vir die Stormers in die Verenigde Rugbykampioenskapkragmeting met die Haaie in Kaapstad. Daar is drie veranderinge aan die wedstrydgroep wat verlede week ‘n belangrike oorwinning oor die Leeus behaal het. Die beseerde Leolin Zas word op linkervleuel vervang deur Seabelo Senatla, terwyl die voorspelers André-Hugo Venter en Ruben van Heerden ingesluit is onder die plaasvervangers vir die laaste wedstryd van die jaar. Die kragmeting skop vyf-uur af en ‘n skare van 40-duisend word verwag.