# Rugby: Die Springbok-hulpafrigter Deon Davids sê die span het effens momentum vir Saterdag se toets teen Engeland op Twickenham. Dit is die twee spanne se eerste kragmeting teen mekaar nadat hulle in 2019 sake uitgespook het in die Wêreldbeker-eindstryd in Japan. Die Springbokke wil die seisoen afsluit as die wêreld se voorste toetsspan. Hulle gaan ook probeer om die jaareinde-toer die eerste keer sedert 2013 onoorwonne af te sluit ná oorwinnings oor Wallis en Skotland. Davids sê hulle verwag ‘n uitdagende wedstryd.