Skip to content

Rugby: Springbokke byeen vir tweede belyningskamp

# Rugby: Die Springbokke begin vandag in Kaapstad met hulle tweede persoonlike belyningskamp – ‘n maand voor hulle eerste toets op 22 Junie teen Wallis in Londen. ‘n Groep van 38 spelers is byeen vir die tweedaagse kamp. Spelers van die Haaie wat Vrydag in die eindstryd van die Uitdaagbeker teen Gloucester speel is van die kamp verskoon. Die kamp volg op ‘n tweedaagse strategie-sessie vir afrigters die afgelope naweek waartydens voorbereiding vir die kamp afgehandel is.