Skip to content

Rugby: Sewe Springbokke haal die Wêreldrugby 15s droomspan van die jaar

# Rugby: Sewe Springbokke is opgeneem in Wêreldrugby se mans 15s Droomspan van die Jaar. Wêreldrugby se 2024 Speler van die Jaar, Pieter-Steph du Toit, is een van vier Suid-Afrikaanse voorspelers in die span. Ox Nché, Malcolm Marx en Eben Etzebeth sluit by hom aan in die pak. Die drie Springbokagterspelers wat ingesluit is, is Damian de Allende, Jesse Kriel en Cheslin Kolbe. Vier spelers van Ierland het die span gehaal, drie van Nieu-Seeland en een van Argentinië.