# Rugby: ‘n Lid van die Springbokspan wat in 2019 die Wêreldbeker gewen het, Sbu Nkosi, is skynbaar positief getoets vir ‘n verbode middel. Rapport berig die 28-jarige het positief getoets vir ‘n anaboliese steroïed wat veral liggaamsbouers gebruik. Hy is een van drie Springbokke wat Wêreldrugby in Mei getoets het. Nkosi kan vir tot vier jaar geskors word indien sy tweede monster ook positief toets. Hy is die vierde Springbok sedert 2019 wat positief toets vir ‘n verbode middel ná Aphiwe Dyantyi, Chiliboy Ralepelle, en Elton Jantjies.
Rugby: Sbu Nkosi skynbaar positief getoets vir verbode middel