Skip to content

Rugby: Sacha na verwagting terug vir Stormers in VRK-derbie teen Haaie

# Rugby: Die opwindende Springbok-agterspeler Sacha Feinberg-Mngomezulu gaan na verwagting na ‘n besering terugkeer vir die Stormers in die naweek se Verenigde Rugbykampioenskapswedstryd teen die Haaie in Durban. Hy het sy knie seergemaak tydens die Rugbykampioenskap en kon nie die Bokke se jaareindtoer in Brittanje meemaak nie. Die Stormers is tans 13de op die VRK-punteleer na slegs twee oorwinning in hulle vyf wedstryde. Die Haaie is negende na drie oorwinnings in vyf kragmetings.