Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Rugby: RVU besluit om nie van Twickenham na Wembley te skuif nie

Rugby: Engelse rugby sal nie na Wembley verskuif nie, en opknappingswerk aan Twickenham sal oor drie jaar begin. Die Rugbyvoetbalunie het ‘n voorstel verwerp dat die tuiste van Engelse rugby na die bekende sokkerstadion verskuif word. Volgens berigte sal dit sowat 15,8-miljard-rand kos om Twickenham op te knap, wat te duur is. Die stadion is in 1909 gebou. Indien slegs noodsaaklike werk van 7,1-miljard-rand gedoen word, sal dit steeds ‘n lening verg. Dit sal ook die goedkeuring van die unie se raadslede vereis.