# Rugby: Die Suid-Afrikaanse Rugbyuinie en sy Direkteur van Rugby, Rassie Erasmus, het bevestig hulle gaan appelleer teen Wêreldrugby se optrede teen hulle. Erasmus is vir twee maande uit alle rugby-bedrywighede geskors nadat hy skuldig bevind is op al ses aanklagte teen hom. Dit hou verband met sy kritiek op die wedstrydbeamptes in die eerste toets tussen die Springbokke en die Britse en Ierse Leeus. Erasmus is ook verbied om tot 30 September volgende jaar betrokke te wees op wedstryddae en moet die beamptes om verskoning vra. SA Rugby is met 419-duisend-rand beboet.