# Rugby: Springbok-hoofafrigter Rassie Erasmus glo nie vuilspel was die rede vir die een rooi- en vyf geelkaarte wat sy spelers in die afgelope drie toetse gewys is nie, en meen die meeste van die oortredings was net weens swak tegniek. Hy ontken die kaarte was die gevolg van ‘n gebrek aan dissipline, en is nie bekommerd daaroor voor Saterdag se tweede Rugbykampioenskaps-toets teen Australië in Perth nie. Erasmus sê hulle het aan die tegniese kwessies gewerk en sal dit hopelik die naweek regkry.
Rugby: Rassie glo die reeks kaarte was net te wyte aan swak tegniek