Skip to content

Rugby: Pieter-Steph du Toit vir tweede keer Wêreld Rugbyspeler van die Jaar

# Rugby: Die Springbokvoorspeler Pieter-Steph du Toit het die eerste Suid-Afrikaner geword om twee keer as Wêreldrugby se Speler van die Jaar aangewys te word. Hy sluit hom aan as dubbele wenner by Beauden Barrett van Nieu-Zeeland, terwyl die All Black-sterre Dan Carter en Richie McCaw dit elk drie keer reggekry het. Bok-afrigter Rassie Erasmus het die Afrigter van die Jaar-toekenning misgeloop wat na Frankryk se Sewes-afrigter, Jérôme Daret, gegaan het. Die losskakel Sacha Feinberg-Mngomezulu het die Deurbraakspeler van die Jaar misgeloop wat aan Wallace Sititi van Nieu-Zeeland toegeken is.