# Rugby: Die kaptein van Engeland, Owen Farrell en haker Jamie George, is weens beserings uit Saterdag se kragmeting teen die Springbokke op Twickenham. Farrell het ‘n enkelbeseringopgedoen tydens die 32-15-oorwinning teen Australië terwyl George probleme met sy knie in die wedstryd ondervind het. Die afrigter Eddie Jones het Jack Singleton en sy Gloucester-spanmaat asook nuweling Harry Elrington nader geroep as plaasvervangers. Joe Marler sluit hom Vrydag by die span aan ná hy sy self-afsonderingstydperk van tien dae voltooi het, weens ‘n positiewe toets vir Covid-19.