# Rugby: Die Blitsbokke se indrukwekkende afrigter Neil Powell is op pad Durban toe. Die Haaie het hom oorgehaal om hulle nuwe direkteur van rugby te wees. Sy aanstelling tree in September in werking, nadat die Sewes-wêreldbeker afgehandel is. Die Haaie se hoofbestuurder Ed Coetzee sê Powell se sterk werksetiek en aandrang op toerekeningsvatbaarheid en respek ,sal hulle help om optimaal te presteer in beide die Verenigde Rugbykampioenskap en die Curriebeker. Sean Everitt bly die hoofafrigter van die Haaie se senior span.