Skip to content

Rugby: Johan Ackermann keer terug na Suid-Afrikaanse rugby na sewe jaar oorsee

# Rugby: Die gewese Springbok en gerespekteerde afrigter, Johan Ackermann, is aangewys as nuwe afrigterskonsultant vir die Junior Springbokke. Die 54-jarige Ackermann keer terug na Suid-Afrika na sewe jaar oorsee, waar hy Gloucester in Engeland en twee Japanese spanne afgerig het. Hy het die land in 2018 verlaat nadat hy die Leeus drie jaar na mekaar tot in die eindstryd van Super Rugby gelei het. Ackermann was voorheen ook afrigter van die Suid-Afrikaanse A-span. SA Rugby beskryf sy terugkeer as fantasties vir Suid-Afrikaanse rugby, en glo het sal ‘n wonderlike mentor wees.