Skip to content

Rugby: Haaie se afrigter glo hy kan dinge regruk

# Rugby: Die Haaie se afrigter, John Plumtree, het vir geduld gevra en sê dinge sal verander. Die span se nederlaag van 12-10 teen die Italiaanse span van Zebre Parma verlede Vrydag beteken hulle het nog nie een uit hule vier openingswedstryde van die Verenigde Rugby-kampioenskappe gewen nie. Plumtree sê toe hy aangestel is, het hy geweet daar is nie ‘n oornagoplossing nie, maar wat hy aan ondersteuners kan beloof is dat hulle alles in die stryd sal werp om dinge reg te maak. Die Haaie wat vir die Springbokspan gespeel het gaan eers oor ‘n week terugkeer na hulle verpligte rustydperk van drie weke na die Wêreldbeker.