Skip to content

Rugby: Haaie maak vyf veranderings vir hulle VRK-wedstryd teen die Leeus

# Rugby: Die Haaie is gashere vir die Leeus in hulle eerste wedstryd van die jaar wanneer hulle môre in die agste ronde van die Verenigde Rugbykampioenskap teen mekaar te staan kom. Die hoofafrigter van die Haaie, John Plumtree, het Fez Mbatha op haker gekies met Kerron van Vuuren wat skuif na die bank, terwyl Hanro Jacobs vir Coenie Oosthuizen op stut vervang. Eben Etzebeth is terug na ʼn maagaandoening en sy slotmaat is Gerbrandt Grobler, wat terugkeer na ʼn besering. Die enigste verandering in die agterlyn is Grant Williams en Jaden Hendrikse wat plekke ruil op skrumskakel.