Skip to content

Rugby: Haaie bring Bokke terug vir stryd teen Scarlets

# Rugby: Lukhanyo Am lei ‘n hoogs ervare Haaie-span vol Springbokke in môreaand se Verenigde Rugbykampioenskapswedstryd teen Scarlets. Hoofaftigter John Plumtree het na ‘n week se ruskans baie van sy ervare spelers teruggebring vir die kragmeting in Wallis. Phepsi Buthelezi, wat dié week op flank gekies is, sê hulle het groot respek vir die Walliesers. Die span sluit Ox Nché, Vincent Koch, Eben Etzebeth, Grant Williams en Makazole Mapimpi in. Dit skop 8:35 SA-tyd af.