# Rugby: Die gewese Springbok-senter Juan de Jongh het sy uittrede aangekondig. Die 35-jarige het tussen 2009 en 2017 vir Westelike Provinsie en die Stormers gespeel, en daarna vier jaar vir die Engelse klub Wasps voor hy teruggekeer het Kaapstad toe. De Jongh het die laaste tyd vir WP Curriebekerrugby gespeel. Hy het 19 toetse vir Suid-Afrika gespeel van 2010 tot 2016, en ook die Blitsbokke verteenwoordig en ‘n bronsmedalje ingepalm op 2016 se Olimpiese Spele in Rio. Die Stormers beskryf De Jongh as ‘n legende van die spel.
Rugby: Gewese Bok Juan de Jongh tree uit