# Rugby: Ierland se hoofafrigter, Andy Farrell, het bewerings verwerp dat die gewese losskakel, Johnny Sexton, se teenwoordigheid as konsultant in die nasionale opset druk plaas op sy opvolgers. Sexton het sy toetsloopbaan afgesluit na verlede jaar se Wêreldbekertoernooi en help tans die spelers met hulle skopwerk, en as mentor. Jack Crowley, Ciaran Frawley en Sam Prendengast ding mee om die nommer tien-trui. Farrell sê hy hoop Sexton sal aanbly vir vroeg volgende jaar se Sesnasiesreeks.
Rugby: Farrell ontken Sexton se teenwoordigheid in Ierse kamp plaas druk op sy opvolgers