Skip to content

Rugby: Erasmus sê spelers is gereed vir aksie in die Rugbykampioenskap

# Rugby: Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, sê hulle het volle vertroue in die spelers om van rat te verwissel in die Rugbykampioenskap, wat op die tiende van volgende maand in Brisbane teen die Wallabies afskop. Die groep bestaan ​​uit 22 Wêreldbeker-wenners en vyf nuwelinge wat vanjaar hul buiging gemaak het. Erasmus sê die groep, wat ‘n mengsel van jeug en ervaring insluit, is die beste groep spelers wat hulle vir hierdie moeilike uitdaging kon kies.