# Rugby: Engeland het gister die Springbokke op Twickenham met 27-26 verslaan. Die Engelse het die eerste helfte oorheers en teen rustyd met 17-12 voorgeloop. In die tweede helfte het die Bokke beter gevaar, maar met kaptein Siya Kolisi op die kantlyn na ‘n geelkaart, het Engeland hul kanse benut en die oorwinning beklink. Vir Engeland het Manu Tuilagi, Freddie Steward en Raffie Quirke oorgeduik, met die res van hul 27 punte danksy Marcus Smith se skopskoen. Makazole Mapimpi het Suid-Afrika se enigste drie gedruk met Handre Pollard, Elton Jantjies en Frans Steyn wat met strafskoppe geslaag het.