Skip to content

Rugby: Engeland se kaptein Farrell skuif moontlik na die Franse Racing-92-span

# Rugby: Die Engelse kaptein en losskakel Owen Farrell gaan hom volgens mediaberigte moontlik by die Franse Top-14-span, Racing-92 aansluit. Dit beteken die span slaan nóg ‘n groot slag, ná die aankoms, vroeër, van Suid-Afrika se kaptein en tweemalige Wêreldbekerwenner, Siya Kolisi. Koerantberigte lui die 32-jarige Farrell gaan in die komende seisoen ‘n ooreenkoms van twee tot drie jaar sluit. Farrell wat 112 keer vir Engeland uitgedraf het, gaan Saracens verlaat en hom by die Paryse klub aansluit wat deur die voormalige Engelse afrigter Stuart Lancaster, afgerig word.