# Rugby: Die eienaar van Racing 92, Jacky Lorenzetti, verwag die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, sal ‘n beduidende impak by die klub hê. Die dubbele Wêreldbeker-wenner is gister amptelik by die klub in Frankryk verwelkom. Kolisi het in 2021 by die Haaie aangesluit en verhuis nou na Parys. Die 32-jarige is een van die Franse span se groot name vir die 2023/2024-veldtog en sal ‘n sleutelrol speel in die Parysenaars se strewe na oorwinnings. Afrigter Stuart Lancaster sê hulle is verheug om Kolisi te verwelkom vir sy sport- en menslike eienskappe.
Rugby: Eienaar van Racing 92 verwag Siya Kolisi gaan ‘n beduidende impak maak