Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Rugby: Drie Bokke anker Haaie se skrum teen Edinburgh

# Rugby: Die Springbokke, Ox Nché, Vincent Koch en Bongi Mbonambi, sal die Haaie se skrum anker in Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd teen Edinburgh in Durban. Die hoofafrigter, John Plumtree, het Ntuthuko Mchunu met Koch vervang, terwyl Hanru Jacobs plek maak vir Nché. Dit is van die verskeie veranderings aan die span wat Ulster verlede naweek geklop het. Koch het sy spanmaats gewaarsku die Skotse span gaan heelwat anders wees as die een wat teen die Stormers in Kaapstad verloor het toe ‘n aantal van hul toetsspelers gerus het.