Skip to content

Rugby: Die Wes-Kaap vir tweede jaar na mekaar gasheer vir onder 20-Wêreldkampioenskap

# Rugby: Die onder 20-Wêreldrugby-kampioenskap word vanjaar weer in Junie en Julie in die Wes-Kaap aangebied. Die Junior Springbokke wat verlede jaar die brons medalje verower het, sal weer die toeskouers tuis wil beïndruk. Suid-Afrika is in Groep C ingedeel saam met Engeland, Argentinië en Fidji. Die uitvoerende hoof van SA Rugby, Rian Oberholzer, sê hulle is vasberade om op verlede jaar se vertoning te verbeter en ‘n onvergeetlike wêreldklas-toernooi aan te bied, wat spelers, amptenare en rugby-ondersteuners terdeë sal geniet.