# Rugby: Die feesvieringe in Ierland wil net nie ophou nie na die span se asemrowende oorwinning van 29-20 teen die All Blacks gisteraand in Dublin. Die Iere het die grootste gedeelte van die hewige stryd teen die wêreld se beste span oorheers. Drie strafskoppe van Joey Carbery het die deurslag gegee, gevolg deur drieë deur James Lowe, Ronan Kelleher en Caelin Doris. Nieu-Seeland het in Ierland aangekom met ‘n ongekende rekord van 675 punte en 96 drieë, en het twaalf van sy dertien wedstryde vanjaar gewen.