Skip to content

Rugby: Damian Willemse vir vier maande op die kantlyn

# Rugby: Die Stormers en Springbokke gaan vier maande sonder die veelsydige agterspeler Damian Willemse moet klaarkom. Hy het sy vingerligamente beseer tydens die oorwinning oor Connacht, wat die Stormers ‘n plek in die uitspeelronde van die Verenigde Rugbykampioenskap besorg het. Hy sal na verwagting môre ‘n operasie ondergaan. Willemse sal die res van die VRK-seisoen, die Springbokke se toetse in Junie en Julie, en die Rugby-kampioenskap misloop.