Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Rugby: Crusaders se All Black Jordan gaan hele Superrugby-kompetisie misloop

# Rugby: Die Crusaders se All Black-agterspeler, Will Jordan, moet ’n skoueroperasie ondergaan wat hom tot ses maande buite aksie sal stel, en hy sal die hele jaar se Superrugby-kompetisie misloop. Hy het 31 drieë gedruk in sy 31 toetse vir Nieu-Seeland en ‘n rekord agt keer agter die pale gaan kuier in verlede jaar se Wêreldbeker-toernooi in Frankryk. Die Crusaders, wat die verdedigende kampioen is, het ook reeds die Walliese heelagter Leigh Halfpenny vir tot vier maande verloor, weens ’n geskeurde borsspier.