# Rugby: Wallis se losskakel, Dan Biggar, is bekommerd oor die moontlike negatiewe impak daarvan om agter geslote deure te speel, wanneer sy land hulle Ses Nasies-titel gaan verdedig. Hulle eerste tuis-toets is teen Skotland in Cardiff op 12 Februarie, maar ingevolge die Covid-19-beperkings wat deur die Walliese regering ingestel is, mag slegs 50 toeskouers buitelug-geleenthede bywoon. Die Walliese eerste minister, Mark Drakeford, weier om enige versekering te gee dat toeskouers weer toegelaat sal word vir die Ses Nasies, terwyl die aantal Omikron Covid-19-variant-gevalle bly styg.