# Rugby: Die Bulls se losvoorspeler, Arno Botha, het waarskynlik goeie herinneringe aan sy gewese klub, Munster, en sal graag weer ou vriende wil ontmoet. Sy belangrikste doelwit die naweek op Loftus Versfeld is egter om alles vir sy geliefde Bulls-span te gee wanneer hulle teen sy ou span uitdraf. Botha het in aanloop tot Saterdag se sesde ronde van die Verenigde Kampioenskapsreeks gesê hy het vriende gebly met sommige van die Ierse spanlede. Die wedstryd skop om 7:45 af.