Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Rugby: Bulle skop vanaand SA-spanne se VRK-aksie af

# Rugby: Die Bulle is vanaand die eerste Suid-Afrikaanse span in aksie in die Verenigde Rugbykampioenskap oor die naweek wanneer hulle Leinster om 9.30 in Ierland pak. Môre verwelkom die Haaie die Skotse span Edinburgh in Durban, terwyl die Leeus in Wallis teen Ospreys speel. Dan ontvang die Stormers nog ‘n Ierse span, Ulster, in Kaapstad. Die Bulle is tans tweede op die punteleer agter Leinster. Die Stormers is vyfde, die Leeus in die agtste plek en die Haaie, 14de.