# Rugby: Statistiek gaan nie van veel hulp wees om die uitslag te voorspel wanneer Suid-Afrika en Engeland vandag die 24ste keer op Twickenham in Londen kragte meet nie. Die Springbokke het 12 van die vorige wedstryde gewen en Engeland 11. Een van die vroegste kragmetings tussen die twee lande in 1932, het ‘n wêreldrekord opgelewer wat steeds staan. Die Bok-vleuel Jerry Brand het ‘n reuse skepdoel van 77,7-meter oorgeskop, van waar hy die bal getref het tot waar dit in die pawiljoen beland het. Die Bokke het 7-nul gewen.
Rugby: Bokke en Engeland pak mekaar die 24ste keer op Twickenham