# Rugby: ‘n Beperkte aantal kaartjies sal vanaf môre beskikbaar wees vir Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskap-kragmeting tussen die Bulls en die Ierse span, Munster, op Loftus Versfeld in Tshwane. Daar was ‘n miernes van bedrywighede tydens die onlangse Kampioenewedstryd toe ‘n beperkte aantal toeskouers dit kon bywoon. Bulls-woordvoerder, Chumani Bambani, sê hulle mag tans slegs tweeduisend toeskouers per wedstryd toelaat.