Skip to content

Rugby: Belowende jong agterspeler verleng sy Stormers-kontrak tot 2027

# Rugby: Die belowende jong Stormers-agterspeler Sacha Feinberg-Mngomezulu het sy kontrak tot 2027 verleng. Die voormalige Junior Springbok het in 2022 op die ouderdom van 20 vir die Stormers begin speel en het sedertdien sy waarde getoon in verskeie posisies. Die direkteur van Rugby, John Dobson, sê Feinberg-Mngomezulu is sedert sy skooljare geoormerk as jong talent en hulle sien daarna uit dat hy sy potensiaal verwesenlik. Die voormalige Springbok-ster Victor Matfield bestempel hom as ‘n toekomstige Bok-losskakel en moedig die Stormers aan om hom in daardie posisie te gebruik.