# Rugby: Die gewese vleuel van die Springbokke en die Leeus, Aphiwe Dyantyi, sê die afgelope paar jaar was uitdagend, maar hy is vasbeslote om weer op die veld uit te draf. Hy is vir vier jaar uit die sport geskors nadat hy positief getoets het vir drie verbode middels, en nie kon bewys dat hy dit per abuis ingeneem het nie. Sy skorsing duur van 13 Augustus 2019 tot 12 Augustus 2023. Die 27-jarige speler het op sosiale media gesê die afgelope drie jaar was ‘n leerskool en hy sal niks aan sy lewensreis verander nie.