# Rugby: Wêreldspeler van die Jaar, Antoine Dupont, is in Frankryk se Sesnasies-groep opgeneem, al het hy sedert 11 Desember nie gespeel nie. Frankryk se kaptein het verlede naweek Toulouse se Europese Kampioenebeker-nederlaag teen die Wasps misgeloop weens ‘n besering. Die 25-jarige skrumskakel het ook Toulouse se vorige Top 14-wedstryd as gevolg van uitputting misgeloop. Indien hy fiks is sal Dupont en die Toulouse-losskakel Romain Ntamack weer as skakelpaar saam speel. Hulle laaste wedstryd saam was die 40-25 sege oor Nieu-Seeland verlede November. Frankryk jaag hul eerste Sesnasies-titel sedert 2010.