# Die polisie het op meer as drieduisend koeëls beslag gelê wat op die Biesjesfontein Bylsteel-plaas buite Polokwane in Limpopo begrawe was. ‘n Polisiewoordvoerder, Matimba Maluleke, sê die Valke se ondersoekspan vir ernstige georganiseerde misdaad het die ontdekking gemaak. Maluleke sê die ammunisie sluit in tweeduisend-190 patrone vir ‘n R5-geweer en eenduisend-75 patrone vir ‘n 9-millimeter pistool.