Skip to content

Rolbal: 80 van SA se bestes neem die naweek deel aan die Meesters-enkelspelkampioenskap

# Rolbal: Tagtig van die beste spelers in die land neem die naweek in Pretoria deel aan die SA Meesters-enkelspel-kampioenskap. Hulle sluit verskeie voormalige en huidige Protea-spelers in, soos Susan Nel, Colleen Piketh, Bobby Donnelly, Jason Evans en Gerry Baker. Die spelers sal in ses afdelings meeding, naamlik die mans- en vroue-ope, mans- en vroue-veterane vir mense ouer as 60, en mans- en vroue- juniors vir onder 30s. Die eindstryde vind môre plaas. Die kampioenskap word by die Wingate-buiteklub beslis.