Skip to content

EFF sal nie staatsrede bywoon nie nadat ses lede geskors is

# Die EFF sê hy sal nie vanaand se staatsrede in Kaapstad bywoon ná vanoggend se hofuitspraak nie. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het partyleier Julius Malema, die adjunkpresident, Floyd Shivambu, en nog vier Parlementslede se aansoek teen hul skorsing van die Parlementsopening van die hand gewys. Dit het gevolg nadat verlede jaar se staatsrede ontwrig het. Die EFF sê gedeeltelike deelname aan die bedrywighede sal die indruk skep sommige van sy lede stem saam met die Parlement se onwettige, ondemokratiese en ongrondwetlike besluit om verkose lede te verban.