# Rise Mzansi sê die swak toestand van openbare hospitale en klinieke is ‘n groot struikelblok vir die sukses van die Nasionale Gesondheidsversekering. Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, het op ‘n parlementêre vraag onthul slegs 39,6-persent van openbare gesondheidsorginstellings voldoen aan die vereiste standaarde. Rise Mzansi se woordvoerder, Makashule Gana, glo onderbefondsing, korrupsie, swak bestuur en onbevredigende werksomstandighede vir gesondheidsorgwerkers moet aandag kry voordat die NGV suksesvol kan wees:
Rise Mzansi waarsku swak gesondheidsorgstandaarde bedreig NGV-sukses [KLANK]
ENG GanaOnPoorHealthcare