# Altesaam 451 renosters is in 2021 in Suid-Afrika gestroop, waarvan 327 in staatsreservate was en 124 op privaat eiendom. Daar was wel ‘n afname van 24-persent in renosterstropery teenoor die tydperk voor die Covid-19-pandemie in 2019, maar dit het op privaat grond toegeneem. Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Barbara Creecy, het dié statistieke gister bekend gemaak. Sy sê die bestendige afname in stroop-voorvalle in die Krugerwildtuin is te danke aan ‘n toename in pogings om dit te bekamp. Een van die onvoorsiene gevolge is dat stropers nou privaat reservate in Limpopo en Mpumalanga in hulle visier het.