Skip to content

Rehabilitasie van N1-sinkgat in Centurion lei tot laansluitings die naweek

# Motoriste word gewaarsku oor laansluitings op die N1-snelweg naby die Vlieënde Piering-wisselaar in Centurion, die naweek. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap begin met die rehabilitasie van ‘n sinkgat op die N1. Die sinkgat het in Januarie 2022 ontstaan. Sanral sê van nege-uur Vrydagoggend tot nege-uur Saterdagaand sal verkeer tot tussen twee en drie lane vir verskillende tydperke verminder word. Daar is verskeie alternatiewe roetes wat motoriste kan neem insluitend die M10-Rigelweg-en Nellmapius-afritte.