# Die Regskommissie wil die Appèlhof se president, Mandisa Maya, voorstel vir die pos van hoofregter. Advokaat Dali Mpofu het die aankondiging tydens ‘n mediakonferensie in Johannesburg gedoen. Maya was een van die vier senior regters op president Cyril Ramaphosa se kortlys vir die toppos. Sou Ramaphosa Maya aanstel, sal sy geskiedenis maak as Suid-Afrika se eerste vroulike hoofregter. In haar onderhoud het Maya teruggekap oor vrae oor of die land gereed is vir so ‘n stap. Sy het gesê Suid-Afrika is meer as gereed vir vroue in top betrekkinge.