Skip to content

Regering vra klimaatsfinansiering sonder nuwe skuld [KLANK]

# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, sê klimaatsfinansiering bly die kern van betekenisvolle aksie. Lande wat die minste ontwikkel is, is volgens kenners onder dié wat die meeste blootgestel is aan toenemende klimaatsrisiko’s al dra hulle die minste daartoe by. George sê nasies met ontwikkelende ekonomieë het beter, voorspelbare en toeganklike befondsing nodig vir bekamping, aanpassing, en verlies en skade. Hy sê klimaatsfinansiering om ontwikkelende ekonomieë te help, moenie nuwe skuldlaste skep nie:

ENG GeorgeonClimate