Skip to content

Regering verduidelik verkeerde beriggewing oor AgriSEB-vereistes vir landbou-uitvoere [KLANK]

# Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het onlangs twee kennisgewings in die Staatskoerant gepubliseer wat die prosedure vir uitvoere van die Suider-Afrikaanse Doeane-unie en Mosambiek na onderskeidelik die Europese Unie en die Verenigde Koninkryk uiteensit. Dit word gedoen om voordeel te trek uit voorkeurtarief-kwotas vir sekere landbou- en landbouverwerkte produkte. Woordvoerder Reggie Ngcobo sê berigte oor die naweek was ʼn wanvoorstelling van die regering se boodskap oor die prosedure en jaarlikse aansoek om uitvoerpermitte na markte in die EU en die Verenigde Koninkryk: