Skip to content

Regering se selfgeskepte probleme onderdruk ekonomiese groei

# Die beleggingsbestuursmaatskappy, Everest Wealth, sê die regering se selfgeskepte probleme het die land se ekonomiese groei versmoor. Die uitvoerende hoof, Thys van Zyl, wys op die regering se onbevoegdheid as ʼn faktor wat verbruikers negatief beïnvloed. Daarbenewens is daar kommer oor tien rentekoersverhogings van altesaam 4,75-persentasiepunte sedert November 2021. Van Zyl benadruk politieke en ekonomiese onsekerheid oor die afgelope dekade het die rand beïnvloed en beleggers afgeskrik. Hy vra regeringshervormings om logistieke beperkings te hanteer en ekonomiese groei aan te spreek.